Annalise Wiid is van woorde en wysies aanmekaargeweef. Sy skryf stories, liedjies en rubrieke wat vertel van God en van die lewe. Sy reis, sing-sing, die wêreld vol om dit met geho...visualizza altroAnnalise Wiid is van woorde en wysies aanmekaargeweef. Sy skryf stories, liedjies en rubrieke wat vertel van God en van die lewe. Sy reis, sing-sing, die wêreld vol om dit met gehore te deel. Sy is ’n geleentheidspreker en bied ook kampe en seminare aan. Haar werk reflekteer die sweef- én die strompelkant van die Christelike lewe. Dit reflekteer ook God se onuitputbare genade en begrip vir ons. Annalise woon in Somerset-Wes.visualizza meno