F.A. Venter was bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke. Die Hertzogprys vir prosa is in 1961 aan Venter toegeken vir Swart pelgrim en Geknelde land. Laasgeno...visualizza altroF.A. Venter was bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke. Die Hertzogprys vir prosa is in 1961 aan Venter toegeken vir Swart pelgrim en Geknelde land. Laasgenoemde was deel van die trekkertrilogie wat in die 1960’s verskyn het: Offerland, Gelofteland en Bedoelde land. Sy laaste boek, Van Botterkraal na Altena, het in 1996 ter viering van sy 80ste verjaardag verskyn. Dit was ’n keur uit sy vier outobiografiese werke. Sy outobiografiese vertelling, Die keer toe ek my naam vergeet het, is in 1996 met die Andrew Murray-prys bekroon. Dié boek handel oor sy herstel nadat hy in 1990 ’n beroerte gehad het. F.A. Venter is op 8 Julie 1997 op 80-jarige ouderdom oorlede.visualizza meno